Oor ’n God met die hanne van ’n antie

VAN PAAIBOELIE NA PRESTEERDER

Oor ’n God met die hanne van ’n antie

Sy't nie geweet hoe sy haar seuns sonder 'n man gaan grootkry nie, maar toe tree 'n ander vrou in. ANASTASIA DE VRIES vertel die verhaal van Miz V.

TOE sy klaar was, was die groenspaan op my kopergoed weg, skoons witweg. Ek het ’n kelk teen die lig gehou. Kyk, het ek gesê, kyk net hoe vang dit die lig, kyk die goudvonke, kyk. God seën jou hanne miz V, God seën jou hanne. Sy het gelag. Niks kom darem maar by die towerkrag in die hanne van ’n antie nie, het ek teruggelag.

Die hanne van ’n antie, het sy herhaal. Sy het omgedraai, doenig geraak met die skottelgoed in die wasbak. Raserig. Haar skouers het liggies begin ruk. Huil jy, het ek gevra. Sy het haar kop geskud, by die venster bly uitstaar. Woordeloos. Ek was skielik mensonhandig in my eie kombuis. Ek en my groot mond. Ken die vrou skaars twee ure en kyk nou net.       

Juffie sallie weet hoe waar juffie vandag praat nie, het sy ná ’n ruk gesê, da ís krag, wonderbare krag in ’n antie se hanne. Met haar rugkant na my toe het sy begin vertel. Van haar 18-jarige seunskind, pas klaar met sy matriekeksamen. En van ’n God met die hanne van ’n antie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.