Elegie van ’n afgelegde

DEEL VAN CORONA-STATISTIEKE

Elegie van ’n afgelegde

Sy sal dag 50 van die nasionale inperking nooit vergeet nie, skryf ELMARI POTGIETER. Dit het gevoel of haar wêreld ineenstort, maar sy voel sy kan dit nie hardop sê nie, want daar is mense wat erger daaraan toe is as sy.

EK skree myself sonder ’n geluid wakker. My hart hamer donderend in my borskas en my kop klop swaar van die hoofpyn. Dit was net ’n droom, besef ek toe ek my oë in die stikdonker slaapkamer oopmaak. Ek skakel die bedliggie aan. Dis amper vieruur op ’n Saterdagoggend. Maar dan onthou ek: Dit ís ’n nagmerrie. Net nie die soort wat weggaan as jy die lig aanskakel nie.

Die vorige middag, op dag 50 van die nasionale inperking, lui my foon en die naam van die redakteur van publikasie X flits op die skerm. My hart draai dwars in my borskas. Ek wonder nie eens hoekom sy bel nie, ek weet. En dit ís toe ook só: Die tydskrif maak toe. Die coronavirus het nog ’n drukmediaslagoffer geëis, en daarmee saam die grootste gedeelte van my inkomste.

Dis nie die eerste keer dat ek getref word deur die swanesang van ’n tydskrif nie, soos my ma dit later daardie naweek poëties sou beskryf. In 2019 het ek my pos as senior Afrikaanse redakteur by Associated Media Publishing (AMP) verloor toe die tydskrif Goeie Huishouding toegemaak het. Ek kan nie besluit watter keer die ergste was nie – toe dit onverwags of verwags (is daar so ’n woord?) was nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.