As ’n storie oor entjies nie ’n storie oor entjies is nie

CORONA EN TABAK

As ’n storie oor entjies nie ’n storie oor entjies is nie

Die minister van twak se praatjies het ANASTASIA DE VRIES se gedagtes laat rol met illusies van seks, zol en saliva. En toe begin haar studente met húl stories van honger en vrees …

EENDAG, sê ek nou die dag in ’n lesing via WhatsApp vir die studente, eendag gaan ek nog ’n verhaal skryf oor my en die minister van twak en twakverwante sake. Nie oor ’n entjie of ’n zol of dololo rookbolle nie, nee. Dit gaan ’n storie wees oor seks. Of die illusie van seks.

Desperate tye vra desperate spronge. In die eerste 10 minute het die klasbespreking oor waar en hoe ’n mens storie-idees kry net al te veel na ’n doodgebore projekkie begin lyk. Maar is dié vrou gebore met ’n plan of is sy gebore met ’n plán? “Let’s talk about sex, baby," sing sy in haar binneste terwyl sy wag. Dit duur gewoonlik twee tot drie minute voordat iemand op ’n stempos reageer.

Een, twee, drie, sestig, een-en-sestig. Seks?! Anastasia en die minister, seks? En so aan, en so aan die reaksies. Nee, probeer ek ewe vroom illustreer dat ’n mens nie juis ver hoef te soek na ’n storie nie; dit het alles te doen met wat ek gedink het die minister sê. “When you zol,” het sy die verbod op die verkoop van rookgoed probeer verduidelik. Ek, skoons van my djare af oor sy ’n dag of wat ná die president ’n viskeffie van sy mond durf maak, mieks vir “zol” op met “djol” en toe sy nog “saliva” sê …..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.