Waarom #AlbeiKanteVanDieSaakHetMeriete nie ’n ding op Twitter is ...

VIR WIE PRAAT HULLE?

Waarom #AlbeiKanteVanDieSaakHetMeriete nie ’n ding op Twitter is nie

Terwyl die virus én die maatreëls daarteen ongekende verdriet veroorsaak, kan Suid-Afrikaners nie eens saamstem oor waaroor om die bekommerdste te wees nie, skryf TOM EATON.

IN April was dit die Nazi’s. Nou’s dit die kommuniste. Die Gestapo wat die land gebraaide hoender ontsê het, haal nie meer die nuus nie en is vervang deur die hamer en sekel – wat darem uiteindelik by hardewarewinkels te koop is – van volskaalse Stalinisme. Suid-Afrika, lees ek amper elke dag, het die Sowjetunie geword.

Ek moet sê ek vind dít nogal moeilik om te glo, onder meer omdat die Sowjetunie kragstasies gebou het wat gewérk het en die meeste Sowjet-kindertjies kon lees en skryf teen die tyd dat hulle tieners was.

Waar die vergelyking egter heeltemal in duie stort, is by die andersdenkendes. In die USSR was jy ’n teiken as jy die regerende Politburo gekritiseer het. Hier by ons maak dit van jou die administrateur van ’n Facebook-groep. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.