Sjef Jan: ‘Die klank van gaste is kos vir my siel’

’N JAN WAT KAN

Sjef Jan: ‘Die klank van gaste is kos vir my siel’

Ná twee maande agter slot en grendel het Jan-Hendrik van der Westhuizen se Restaurant JAN in Nice dié week weer gaste verwelkom. ANNELIZE VISSER praat met die Michelin-sjef op wie Suid-Afrikaners so trots is, oor wat die pandemie hom tot dus ver geleer het.

VWB: Dit klink asof jy ontsettend besig was in die grendelstaat, maar sê eers: In watter grendelstaat was jy?

JAN: Ek was in Paternoster vir die hele tydperk. Ek het twee weke voor die inperking in Suid-Afrika aangekom om KLEIN JAN te besoek om te kyk hoe die bouery vorder. Ek was in isolasie en direk daarna in die grendelstaat. Dit was die langste wat ek in Suid-Afrika was sedert ek in 2011 Frankryk toe is en ek het nie vir een oomblik stilgesit nie.

Aanvanklik het ek gedink dit kan nou nogal lekker ontspannend wees, maar ons het [JAN the] Journal 5 klaargemaak en toe dadelik met ander projekte begin. Ek het ook baie tyd in die kombuis deurgebring om te speel met nuwe resepte en idees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.