Linda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.
VAT SO, JOU BOOSWIG!
Ouma gee Covid ’n snotklap en groei sebras van saadjies
LINDA VAN TILBURG vertel van haar skoonma se noue ontkoming met Covid-19 – en hoe sy die situasie behoorlik ore aangesit het en nou weer soos 'n trein voortsnel.
Deel
DIE meeste bejaardes is so vol van die pille dat as jy hulle kan optel en skud, sal hulle soos ’n ratelslang klink. (Oukei, ek beveel dit nie aan nie.) My skoonma is geen uitsondering nie.
Toe ons die nuus kry dat sy Covid-19 opgedoen het in haar bejaarde-sorgeenheid, het ons almal gevrees nou is dit “tickets”, want die statistieke tel teen haar en die pille wat bejaardes se lewe verleng, is weerloos teen Covid. As mens na die sogenaamde komorbiditeitsfaktore vir Covid-19 kyk, “tik” ouma omtrent elke boks. Demensie, bo 80 is net die top van ’n lang lys van onderliggende toestande wat sy het.
Ná die diagnose het die familie met ’n swaar gemoed en gepantser met PPE gaan kuier, waar sy in isolasie ’n paar meter van hulle in ’n bed gelê het. “Sê maar totsiens, net ingeval,” is ons aangeraai, “want mens weet nooit.” Daar was sewe bejaardes in die deel van die oord met Covid-19 en ons is meegedeel die vooruitsigte lyk nie goed nie. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelLinda van Tilburg
JoernalisLinda van Tilburg is ’n gesoute politieke joernalis en uitsaaier wat ná ’n draai in die wêreld van politieke risiko-ontleding in Engeland teruggekeer het na haar eerste liefde, radio, met ’n fokus op podsendings en die sakewêreld. Sy skryf uit Londen, maar is gereeld in Suid-Afrika.