Die hart is ’n eensame, onbeholpe jagter

MAATSOEKERS OP DIE GRADEBOOG

Die hart is ’n eensame, onbeholpe jagter

Die pad van die liefde is nooit sonder sinkplaat en slaggat nie, skryf DEBORAH STEINMAIR na aanleiding van 'n program oor mense met outisme se soeke na romantiese liefde. Dis 'n selfs groter uitdaging vir dié koddige maatsoekers op die gradeboog – maar kan romanse in elke bedding blom?

MISKIEN verpes jy werklikheidstelevisie, soos ek. Maar het jy al gehoor van Love on the Spectrum op Netflix? Dis oor mense met Asperger en verskillende grade van outisme se soeke na romantiese liefde.

Reekse soos The Bachelor en Boer soek 'n vrou irriteer my mateloos – ek vermoed mense skryf in net om op TV en in ander se sitkamers te beland.

In hierdie reeks word die planeet se koddiges – meestal superslim, maar met lastige kwessies soos aandagafleibaarheid, maniese fokus, sensoriese oorlading, aanrakingsensitiwiteit en die onvermoë om nieverbale tekens te lees – deur verhoudingskenners onder die vlerk geneem en touwys gemaak in die kuns van koeitjies en kalfies. Daar word vir hulle afsprake gereël met mense wat deur soortgelyke uitdagings in die gesig gestaar word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.