Aangeval, maar nié in sy moer nie

ONBLUSBARE GEES

Aangeval, maar nié in sy moer nie

Hoekom het ek na hierdie opgeneukte plek gekom? Omdat ons dit nie aan opgeneukte mense kan oorlaat om dit verder op te neuk nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

SOWAT 11 jaar gelede, ’n paar jaar nadat ek klaar was met hoër onderrig en my verpligtinge met universiteitsdosering afgehandel het, het ek my tasse gepak en teruggekom na Suid-Afrika. “Hoekom wil jy teruggaan daarheen? Alles daar is so opgefok,” het ’n vriend gesê. “Ek het ’n groenkaart,” het hy gesê. “Hoekom bly jy nie net hier nie?” Ek het hom herinner dat dinge eintlik ook nie vir my in die VSA uitgewerk het nie. Ek kom toe terug na Suid-Afrika; die plek wat veronderstel was om my tuiste te wees ...

Ek was van plan om dit te doen wat ek geken het en waarvoor ek passievol lief was – ek sou weer skryf, nadat ek in 1997 uit joernalistiek weggebreek het om na die Londense Skool vir Ekonomie terug te keer. Ek moes nog een ding doen voordat ek kon gaan sit en skryf. Ek het by die sekretariaat van die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) in die presidensie in die Uniegebou aangesluit. “Die presidensie. Vir fokken wat wil jy in dié presidensie werk? Die plek is ’n fokkop,” het iemand gesê. Ek het verduidelik dat ek nie met Jacob Zuma sou saamwerk of enigiets met hom te doen sou hê nie. Tot vandag toe weet ek nie presies waar die president se kantoor was nie. Ek het gedraai na die vriend wat met afgryse vervul was oor die feit dat ek “saam met Zuma” sou werk, en vir hom gesê: “As ons al die werk wat gedoen moet word aan die opgefokte mense aan bewind oorlaat, dink net hoe dit die land sal opfok [verder as wat dit destyds was]”.

En dís waar ek my in hierdie absurditeit bevind ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.