Pandemie laat kuberkopies én boewe floreer – en jonges loop die ...

KEN JOU REGTE

Pandemie laat kuberkopies én boewe floreer – en jonges loop die ergste deur

Covid-19 het webwinkels gewilder as ooit tevore help maak, maar daarmee saam kom ook ’n toename in kullery en bedrog aanlyn. En dis allermins net ouer mense wat vir die slenters val, skryf ROZANNE ELS.

DIE getal verdagte aanlyn transaksies in Suid-Afrika het van 11 Maart 2020 – net toe die pandemie begin byt het – tot 11 Maart vanjaar met meer as 43% gestyg vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2019 tot 2020, blyk uit ’n verslag (https://newsroom.transunion.co.za/one-year-after-covid-19-transunion-research-shows-digital-fraud-attempts-in-south-africa-have-increased-exponentially/)wat verlede week deur die kredietburo TransUnion gepubliseer is.

Dié bevindinge is gegrond op data van biljoene transaksies op webwerwe en apps.

Verdagte transaksies sluit in waar bedrieërs kliënte se besonderhede by aanlyn winkels steel (hetsy persoonlike of finansiële inligting), waar ’n verbruiker ’n ongeldige aanlyn betaling maak, of waar aanlyn winkels eenvoudig nooit die goedere by die koper uitkry nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.