Wil ons regtig nog hê sekere dinge mag nét in die parlement gesê word?

SPRAAKVRYHEID WERK ANDERS VIR LP's

Wil ons regtig nog hê sekere dinge mag nét in die parlement gesê word?

Is parlementêre immuniteit nog gepas en wenslik? Is dit hoegenaamd in pas met die Grondwet? vra DIRK KOTZÉ.

  • 30 April 2021
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 11 van 26
  • Dirk Kotzé

SPRAAKVRYHEID het skynbaar twee betekenisse in Suid-Afrika. Een geld ons almal; 'n tweede een geld net die lede van die land se  wetgewende gesag. Die een wat die publiek geld, kan negatiewe gevolge vir die spreker inhou indien dit die teikenpersoon se naam of menswaardigheid benadeel. Die parlementêre een het nie dieselfde moontlike gevolge nie. Is dít geregverdig as die Grondwet die beginsel van gelykheid voor die reg (artikel 9(1)) en menswaardigheid (artikel 10) beskerm?

Parlementêre immuniteit in die nasionale en provinsiale wetgewers is deur artikels 58 en 71 in die Grondwet ingestel. Die Wet op die Magte, Voorregte en Immuniteite van Parlemente en Provinsiale Wetgewers van 2004 brei daarop uit. Die Grondwet se artikel 161 bepaal dieselfde vir munisipale rade, en dit word in die Wet op Munisipale Strukture verder uitgebrei.

Die bedoeling van die nasionale wetgewing is om die gesag, onafhanklikheid en waardigheid van wetgewers en hulle lede te beskerm en om te verseker dat hulle hul grondwetlike funksies kan uitoefen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.