Boekbedonnerd nr. 18 | Oor geld, rykdom en sukses

BOEKE OOR BESIGHEID

Boekbedonnerd nr. 18 | Oor geld, rykdom en sukses

Ons knaag maar traag aan selfhelpboeke hier by Vrye Weekblad. Maar nadat 'n hele rits hoe-om-ryk-en-suksesvol-te-wees-boeke op ons lessenaars beland het, het ons vir DOUW KRÜGER (wat geld verstaan) gevra om drie te lees en vir ons te sê of die kool die sous werd is. Hy het 'n prokureursantwoord: Dit hang af … Net soos 'n MBA-graad nie 'n geoliede foefieslaaid na 'n topbestuurspos is nie, bevat geloofwaardige boeke oor rykdom en sukses ook nie kitsresepte nie, maar daar is wel lesse waarby almal kan baat vind.

Soos ’n mens van skrywers van selfhelpboeke oor geld, rykdom en sukses kan verwag, het hulle self 'n reis na sukses agter die blad, en gebruik hulle die bakens op hulle reis as wenke vir ander.  

Dink groot, dink nuut, leer uit ander se sukses, wees dapper, leer uit jou eie foute en uit ander se foute, ensovoorts. Dit is beslis nie kitsresepte nie, maar daar is heelwat aanbevelings in die boeke wat geredelik doenbaar is. Identifiseer foute. En nog belangriker, leer om dit nie te herhaal nie.

Hierdie drie boeke bevat heelwat advies wat oorvleuel, maar selfs vir dié wat nie daarna streef om die volgende Steve Jobs te wees nie, is daar interessante lesse en prikkelende gedagtes oor selfontwikkeling en gedragsverandering. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.