Boekbedonnerd nr. 14 | Skelms, Karoo-Zen en ’n monsteragtige horing

LEESGENOT

Boekbedonnerd nr. 14 | Skelms, Karoo-Zen en ’n monsteragtige horing

Dié week bespreek ons onder meer vroue-misdaadskrywers, 'n opspraakwekkende nuwe kortverhaalbundel en 'n witwarm roman wat oor en weer deur twee vroue geskryf is. Lees saam aan ons 14de aflewering van ons boekeblad-wat-nie-'n-boekeblad is nie, saamgestel deur ANNELIESE BURGESS.

Oorleef met Jane Harper

Ondanks die groot leesplesier van uitstekende internasionale manskrywers soos Jo Nesbo, Michael Robotham en Michael Connelly het Irna van Zyl die laaste paar jaar agtergekom dat sy al hoe meer aangetrokke voel tot vroue-misdaadskrywers, en spesifiek dié wat die klem lê op karakterisering eerder as die pas van die storie.

'n Nuwe Jane Harper het hier teen haar vierde boek werklik iets geword om na uit te sien. So lank het ek gewag nadat sy verlede jaar al op Instagram aangekondig het The Survivors word teen die einde van die jaar uitgereik dat ek dit op die oud end onlangs op my Kindle gelees het. Gelukkig is die internasionale uitgawe uiteindelik beskikbaar en kan Suid-Afrikaners die papierboek van hierdie week af in boekwinkels koop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.