Afrikaaps het my laat besef presies hoe Afrikaans ek is

MOEDERTAAL, O SOETSTE TAAL ...

Afrikaaps het my laat besef presies hoe Afrikaans ek is

Dit was ’n jaar wat vir altyd in ons geheue geëts sal wees – 2020 met sy ongekende pyn, angs, verlies en gebrokenheid. Maar ISMAIL LAGARDIEN sal dit ook onthou as die jaar waarin hy die skoonheid van Afrikaans herontdek het.

MEER as 'n week van die nuwe jaar is nou agter die rug, en ons dra met ons al die pyn en hartseer, die lyding en angs van verlede jaar. En vanjaar, dalk meer as enige ander vorige jaar, en hoofsaaklik vanweë die pandemie, dra ons dit alles na 2021 oor. Maar ek glo ons is nou wyser en dat almal dit op verskillende maniere hanteer. Wat die pandemie betref: Ek bly meestal tuis, praat nie met vreemdelinge nie en vermy praatjies oor koeitjies en kalfies wanneer ek winkels toe gaan.

Ek moet eerlik wees. Afgesien van tuisbly, is ek nou al jare lank nogal snobisties – ek praat selde met vreemdelinge en vermy kletspraatjies, veral met mense wat vir jou hulle lewensverhale op ’n lang internasionale vlug wil vertel. Ek’s oortuig dis waarom die liewe Vader sonbrille en oorfone gemaak het ... Maar ernstig, ek is nou al byna onbeskof in die manier waarop ek elkeen as ’n potensiële draer behandel; as ’n waarskynlike verspreider van die gevreesde Covid-19.

Net vanoggend (Dinsdag) het ek ’n boodskap op my foon gekry dat nog ’n vriend die siekte opgedoen het. My Twittervoer lees nou al weke lank soos ’n lys doodsberigte – in so ’n mate dat ek dit ook begin vermy het. Opeenvolgende inperkings en my eie angsgevoel oor die afgelope agt of nege maande het ook beteken die enigste “oefening” wat ek kry, is wanneer ek van my bed na my lessenaar, na my leesstoel en na die kombuis loop. Ek woon in ’n klein houerhuis, so jy kan jou indink watter lengtes ek nou al moes stap. Daar steek geen waarheid in die gerug dat ’n nuwe weergawe van die 2010-rolprent Eat Pray Love met die titel Eat, Sit, Sleep & Be Very Scared gemaak word nie .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.