Verwelk Afrikaans? Nie noodwendig nie

TAAL HET ONMISKENBARE BETEKENIS

Verwelk Afrikaans? Nie noodwendig nie

Om Afrikaans te bewaar moet mense hul eie oortuigings, waardes, oordeel en praktyke ondersoek, en erken dat terwyl hulle dit uitoefen, dit hulle weer sal vorm en hervorm. ISMAIL LAGARDIEN is aan die woord.

JOHN Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie, het verlede week ’n opmerking oor miljoene Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap en Noord-Kaap gemaak waaroor ek steeds nadink. Hy het dié stelling gemaak nadat hy die Universiteit Stellenbosch besoek het, waar die debat oor onderrig in Afrikaans of Engels voortwoed.

Ek’s nie seker of hy opreg was en regtig omgee vir die miljoene mense in die Noord-Kaap nie, onder wie ’n klein getal wit is, en of hy bloot die Ekonomiese Vryheidsvegters se gewoonte van ambulansjaag-politiek nageboots het nie. Ek sal hom die voordeel van die twyfel gee en veronderstel dat hy opreg was ...

Ongelukkig is my benadering tot stryery oor taal basies dieselfde as my benadering tot ras, etnisiteit of kapitalisme, wat dit betref. Ek is geneig om verwyderd en waarskynlik ietwat afsydig te wees wat dag-tot-dag-skommelinge in politiek en ras betref. Dis nie dat ek nié soms my hande vuil maak nie. Ek geniet dit om te skerts, solank dit nie in ’n geswets en slegsêery ontaard nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.