Groei wink vir wêreld-ekonomie, maar SA Reserwebank kan kies...

RENTEKOERSBESLUIT

Groei wink vir wêreld-ekonomie, maar SA Reserwebank kan kies om veilig te speel

’n Rits onlangse vergaderings bied interessante leidrade oor wat ons volgende week van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en die amptelike rentekoers kan verwag, skryf HUGO PIENAAR.

TWEE maande is ’n lang tyd in die lewe van ’n sentrale bankier, veral in die tyd van Covid-19, en baie het gebeur sedert die vorige vergadering van die SARB se beleidskomitee oor monetêre sake (MBK) op 21 Januarie.

Die MBK vergader weer van eerskomende Dinsdag tot Donderdag, en daar is baie om oor te gesels en te debatteer. Dit sluit in die groeivooruitsigte vir die wêreld en Suid-Afrika, asook die verwagtinge vir inflasie en hoe dit alles die denke van die MBK oor die beleidsrentekoers (repokoers) beïnvloed.

Sedert Januarie het menige internasionale ontleder meer optimisties oor wêreldgroei vir die res van 2021 geword. Die opwaartse aanpassings is onder meer danksy vordering met die uitrol van entstowwe in sekere wêrelddele, insluitend die VSA en Brittanje...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.