Inflasiemonster wil-wil grom, maar is vir eers nog hokgeslaan

PRYSE STYG WEER VINNIGER

Inflasiemonster wil-wil grom, maar is vir eers nog hokgeslaan

Namate bevolkings ingeënt word en mense weer geld kan bestee aan allerlei goedere, kan verbruikersvraag skerp toeneem − en dít kan bydra tot ongemaklik hoër inflasie in sommige wêrelddele. HUGO PIENAAR skryf hoewel dié vrese nie ongegrond is nie, moet beleidmakers eers alles moontlik doen om volhoubare ekonomiese herstel te verseker.

TEEN die agtergrond van die Brent-ruolieprys wat skielik weer bo $60 vir ’n vaatjie verhandel en die amperse sekerheid van nog triljoene dollars in fiskale ondersteuning vir die Amerikaanse ekonomie, gons dit in die beleggingsgemeenskap oor die moontlikheid dat heelwat hoër inflasie later vanjaar kop kan begin uitsteek. Langtermyn-rentekoerse in veral die VSA is reeds besig om te styg van uiters lae vlakke namate die moontlikheid van verhoogde prysdruk verdiskonteer word.

Behalwe vir ekstreme voorbeelde soos Zimbabwe, Venezuela en in ’n veel mindere mate soms in ’n land soos Turkye, het die beleggingswêreld lanklaas slapelose nagte oor inflasie gehad. Dit is veral nie die geval in ’n ontwikkelde land met ’n onafhanklike sentrale bank soos die VSA nie. Tot onlangs was die vrees eerder dat inflasie te laag as te hoog is in Europa, Japan en in ’n mindere mate die VSA. Die jongste kommunikasie van die vernaamste sentrale banke fokus steeds op die risiko van en probleme verwant aan te lae inflasie.

Minder prysdruk oor ’n lang tyd..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.