Tyd dat plaaslike politici die prys betaal vir vrotsige dienslewering

ESKOM EN MUNISIPALITEITE REM DIE EKONOMIE

Tyd dat plaaslike politici die prys betaal vir vrotsige dienslewering

Ondanks ’n derde golf van Covid-19 het van die jongste ekonomiese gegewens die hoop laat opvlam vir sterker BBP-groei in 2021. Die voortslepende probleme by Eskom en swak munisipale dienslewering bring egter die volhoubaarheid van die herstel in die gedrang, skryf HUGO PIENAAR.

DIE glans van die positiewe nuus vandeesweek dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar vir die derde opeenvolgende keer teen ’n vinniger as verwagte tempo gegroei het, en dat sakevertroue in die tweede kwartaal van 2021 gebokspring het, is verdof deur die instelling van fase 4-beurtkrag. Daar was ook opnuut ekstreme voorbeelde van die onbeholpenheid van plaaslike regerings in baie dele van die land.

Saam met die derde golf van Covid-19-infeksies plaas dié gebeure ’n ernstige vraagteken oor die volhoubaarheid van die onverwags robuuste ekonomiese herstel sedert die middel van 2020.

Beter groei en vertroue ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.