MY gunsteling- politieke foto van die 20ste eeu is die een van die Duitse kanselier Willy Brandt, op sy knieë op die koue oggend van 7 Desember 1970 ná ’n kranslegging by die gedenkteken vir die Warskou-ghetto. Die kranslegging, en Brandt se spontane gebaar, was ter herdenking van die heldemoed van duisende Jode wat hul lewe in die ghetto verloor het in ’n desperate poging om hulself van hul Duitse onderdrukkers te bevry.
In ’n diep godsdienstige gebaar het Brandt soos ’n sondaar op sy knieë neergesak en gebid dat die Duitsers vergewe moet word. In sy memoires het Brandt geskryf: “Toe ek voor die afgrond van Duitse geskiedenis te staan kom, en die las van die miljoene wat vermoor is, het ek gedoen wat ons mense doen wanneer woorde ons ontbreek.”
Met dit as aanhef, wend ek my tot die Demokratiese Alliansie (DA), Helen Zille in besonder, nadat ’n standbeeld van Egerton Ryerson, een van die argitekte van Kanada se residensiële skoolstelsel, afgebreek is ná die ontdekking van ’n massagraf van 215 inheemse kinders by ’n skool. Aangesien Zilleghast so gekant is teen wokeheid, wat deels presies op die afbreek van standbeelde en monumente vir die geskiedenis se roemlose skurke neerkom, is dit nie onvanpas om die liberalisme waarvoor die Zille-bende staan en wat hulle ’n slegte naam gegee het, meer krities te bekyk nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.