Onluste het hard geslaan, maar 4% groei wink steeds

GEEN SEKTOR ONGESKONDE

Onluste het hard geslaan, maar 4% groei wink steeds

Op die langer termyn is die gevolge van die onluste in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng nog onduidelik, maar dit het beslis reeds ’n groot impak op die ekonomie gehad, skryf HUGO PIENAAR.

JULIE se gebeure was ’n groot slag vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Naas die drakoniese vlak 5-grendelstaat in April verlede jaar toe nie-noodsaaklike besighede hul deure moes sluit, moet ’n mens waarskynlik in die geskiedenis teruggaan tot voor die demokratiese oorgang in 1994 om ’n meer uitdagende maand vir die ekonomie te vind.

Die uitvoerende hoof van Sasria, die enigste versekeraar in Suid-Afrika wat dekking verskaf teen skade weens openbare wangedrag, stakings en onluste, het reeds gesê die omvang van die Julie-onluste is die ergste wat die maatskappy sedert sy ontstaan 42 jaar gelede gesien het.

Selfs sonder die skokkende vernietiging en beskadiging van eiendom en infrastruktuur in KZN en dele van Gauteng, die twee provinsies wat die grootste bydrae tot die oorhoofse Suid-Afrikaanse ekonomie maak, sou Julie ’n moeilike maand gewees het. Die erge derde vlaag van Covid 19-infeksies en die gepaardgaande strenger inperkingsmaatreëls vir die grootste deel van die maand sou reeds die ekonomiese herstel gekniehalter het. Dit gaan nie net daaroor dat restaurante vir aansit-etes gesluit was en drankverkope verbode was nie. Die vrees om die coronavirus te kry het baie mense waarskynlik uit die groot winkelsentrums gehou. Vele besighede het swaar getrek, hoewel aanlyn verkope heel moontlik (soos tydens die vorige Covid-vlae) beter gevaar het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.