Covid-blitskursus: alles oor virusse, variante en entstowwe

VIRUS SE VELE TRUUKS

Covid-blitskursus: alles oor virusse, variante en entstowwe

Virusse pas aan om te oorleef – en die Sars-CoV-2-virus is geen uitsondering nie. In nuwe variante is die oppervlak en struktuur van die virus aangepas, wat beteken entstowwe bied minder beskerming daarteen. Maar ons immuunstelsel is ook aanpasbaar – en is in 'n hewige oorlewingstryd teen hierdie verskillende vorme van die virus gewikkel, skryf BELINDA BERESFORD van die Bhekisisa-sentrum vir gesondheidsverslaggewing.

TERWYL die helfte van die Verenigde State se bevolking reeds ten volle ingeënt is (https://ourworldindata.org/covid-vaccinations?country=USA) teen Covid-19, het Suid-Afrika minder as 10% (https://ourworldindata.org/covid-vaccinations?country=OWID_WRL) van sy algehele bevolking ingeënt. Dít is hoofsaaklik omdat ons nie genoeg entstowwe kan kry nie. Maatskappye kan eenvoudig nie genoeg dosisse vervaardig om aan die wêreld se behoeftes te voldoen nie – en omdat ryk lande kon bekostig om vir entstowwe te betaal voordat die vervaardigers nog geweet het hoe goed hulle gaan werk, het lande soos Suid-Afrika agter in die tou gebly.

In die res van Afrika is die situasie veel erger (https://mediahack.co.za/datastories/coronavirus/vaccinations/). Anders as Suid-Afrika kan die meeste regerings op die vasteland nie bekostig om entstowwe regstreeks van die vervaardigers te koop nie. Die enigste manier vir hierdie lande om entstowwe te kry, is om dit deur die internasionale verkrygingsmeganisme, Covax (https://www.gavi.org/vaccineswork/covax-explained), te koop. Dit beteken hulle het net toegang tot die soorte en hoeveelhede entstowwe wat Covax bekom het.

Maar agter die menslike drama van sterftes, siektes, bevoorregting, ongelykheid, mediese wetenskap, selfsug en onbaatsugtigheid is 'n verskuilde wêreld waarin selle van immuunstelsels en virusse in 'n siellose, verbete stryd is. Hierdie nanoskopiese bestaan is 'n Tetrisspel (https://tetris.com/about-us) waarin verskillende vorms moet inpas: die regte vorms vir die virus om hom aan menslike selle te heg en die regte vorms vir die immuunselle om die virus te versper of te vernietig. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.