DIE sakesektor is geesdriftig oor die onlangse beleidsverskuiwing in energiehervorming. Nie net word die verhoging van die perk op selfopwekking van 10MW tot 100MW as die ekonomies doeltreffendste hervorming op Suid-Afrika se agenda beskou nie, maar so ’n dapper stap was ook heeltemal onverwags. Dit het vereis dat pres. Cyril Ramaphosa van sy skaars politieke kapitaal bestee.
Dit, tesame met die aankondiging dat die privaat sektor ’n meerderheidsbelang in die SAL kan bekom, dui op ’n onderliggende verskuiwing in die regering se denkwyse.
Die politieke implikasies van die hervormings kan selfs groter as die ekonomiese implikasies wees, aangesien die president die voetslepers in sy kabinet geïgnoreer het. Dit is ’n klinkende oorwinning vir getuienis-gegronde beleidsvorming en die hervormingdrywers in Operasie Vulindlela...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.