Vasgenael voor TV se katoolse stryd van die skrapsgeklede...

ROMANSE EN REALITEIT

Vasgenael voor TV se katoolse stryd van die skrapsgeklede lywe op soek na ewige liefde

Wat is die sleutel tot die sukses van liefdesrealiteit op TV? Die ideale pasmaat, roem en rykdom, alles in een glanspakkie ... of iets donkerders, wonder SCHALK SCHOOMBIE.

IN ’n poging om die oog te vang van die Amerikaanse Bachelorette, daag een fris kalant op in sy RV (motorwoonwa) om sy voortvarendheid te adverteer, terwyl ’n ander vlerksleper hom aanmeld in ’n katkostuum, kompleet met snorbaard en stert – want sy is dol oor katte. Raai wie kry ’n rooi roos en wie se hand word in die as gelaan?

Katman wen die eerste rondte. Hy kry die blom én die afspraak – en ’n kans om sy droomvrou se hart te verower.

As jy dink dis maanskyn en rose wat die botoon voer in liefdesrealiteit is jy net halfpad reg. Vernedering en teleurstelling dikteer die wenresep. Daai kyk op die arme skaap se gevreet wat droëbek in die trop bly rondtrap. Want dit gaan ewe veel oor dié wat weggewys word, wie die koue skouer of die trekpas kry, wie nie mooi, sexy, slim, gespierd of sensitief genoeg is nie, wie se persoonlikheid nie die paal haal nie en les bes, wie gewoon nie romanties genoeg is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.