Uiters amusant en spannend
Elke heilige koei word in die sloot gestamp. Die trant herinner my aan die kinderboekskrywer David Walliams: stout, aspris en goddelooslik, en dis duidelik dat Koos Kombuis homself gate uit geniet.
’n Mens huiwer om van ’n volkskat te praat; dit klink darem te veel na boeretroos en Cremora. Maar wat ’n flambojante figuur is Koos Kombuis nie. Ek het hom in my vroeë 20's liefgekry toe ek die eerste keer die kasset Ver van die ou Kalahari in my draagbare speler druk. Hom dopgehou deur sy stadia van stinkvoetboemelaar tot gesinsman in die suburbs – van tingerige, honger kunstenaar met ’n soort broeiende Franse skoonheid tot ouer Afrikanerman met lyf, in kunstige hemp en bandana...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Boekbedonnerd 25 | Opium van die massas