ANDREW CUOMO, voormalige goewerneur van New York, was onlangs in die nuus om al die verkeerde redes, onder meer seksuele teistering. Presies twee weke voor Cuomo se bedanking verskyn die All Blacks-rugbyspeler Shannon Frizell in ’n Nieu-Seelandse hof op onder meer twee klagte van “male assaults female” in ’n kroeg. Ná sy skulderkenning bied die polisie vir hom “diversion” aan, ’n gemeenskapsregsbeginsel wat beskuldigdes met ’n eerste oortreding toelaat om buite die hof verantwoordelikheid te aanvaar. Só spring hulle ’n amptelike skuldigbevinding en misdaadrekord vry, en sou Frizell weer vir die All Blacks kon uitdraf.
Frizell sal dan die derde All Blacks-rugbyspeler wees wat onlangs ’n vrou aangerand het en toegelaat word om sy rugbyloopbaan voort te sit.
Mens wil vra of ’n dierkundige hier kan help met voorbeelde. As die Y-chromosoom inderdaad ’n rol speel in sulke optrede, is dit instinktief vir mans. Aan die ander kant het die mens, Homo sapiens, só ontwikkel dat ons nou rasioneel kan dink, vooruit beplan, uit lesse van die verlede leer, en ons optrede onder sosiale druk kan aanpas...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.