POLITIEKE NOTABOEK | Zuma lê op sterwe. Nee, hy is stabiel. Wat ...

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Zuma lê op sterwe. Nee, hy is stabiel. Wat de hel, Cyril?

Het pres. Cyril Ramaphosa en sy minister van justisie, Ronald Lamola, die klaarblyklik wederregtelike vrylating van Jacob Zuma op mediese parool gekondoneer om die politieke “Zuma-probleem” te laat verdwyn? Dit sou 'n onvergeeflike vergryp wees wat Ramaphosa se geloofwaardigheid kwaai kan knou, skryf MAX DU PREEZ.

POLITIEKERY, propaganda en/of verdoeseling is een ding. Wanneer die owerhede blatante leuens verkondig, veral wanneer die meeste burgers wéét dit is leuens, is dit iets heel anders. Dan torring ons aan die legitimiteit van die staat.

Ons het byvoorbeeld almal goed geweet Nkandla se swembad is nie 'n vuurpoel soos ministers Nathi Nhleko en Thulas Nxesi ons in 2015 vertel het nie, of dat Schabir Shaik terminaal siek was soos minister Ngconde Balfour in 2009 hoog en laag gesweer het nie.

Maar dít was tydens die skandalige Zuma-era, die donker dekade in ons demokratiese geskiedenis toe sakemanne uit Indië ministers en senior amptenare aangestel en ons bankrot gesteel het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.