DR. SARA Andreotti is besig om vir ons pasta te kook in 'n gehuurde huisie in Chintsa aan die Wildekus. Haar perfekte Engels het 'n swaar Italiaanse aksent. “Die carbonara was al baie keer my geheime wapen," vertel sy met haar diep rollende r'e. “Ek het dit al baie in Suid-Afrika gemaak: om mense te leer ken, om dankie en jammer te sê, om iets te vier. As jy in 'n ander kultuur wil inpas, help dit as jy kan kook en vir mense kosgee."
Andreotti het grootgeword in Friuli Venezia Giulia, 'n gebied in die noorde van Italië teen die Oostenrykse grens, maar die see het haar van kleins af gefassineer en sy het altyd geweet sy wou mariene biologie studeer. Haar passie vir haaie het later gekom en toe regtig vlam gevat met 'n besoek aan Gansbaai, Suid-Afrika se nie-amptelike haai-hoofstad.
Met 'n meestersgraad van die Universiteit van Triëst was sy deel van 'n Italiaanse ekspedisie wat Suid-Afrika in 2007 besoek het. Daar in die Overberg ontmoet sy toe die legendariese Mike Rutzen, haailiefhebber en bewaringsaktivis wat onder meer wêreldwyd beroemd geword het as “sharkman" vanweë sy vryduik met haaie. Rutzen het Andreotti so begeester dat sy hom “gesmeek" het om saam met hom te werk en dit het uiteindelik uitgeloop op vier jaar se intense navorsing (en 'n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch) oor die genetiese samestelling van Suid-Afrika se withaaie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Van der Rheede: Wees dankbaar vir die boere