Van 5G tot giftige toetse – hoekom mense bogstories wil glo

GEVAARLIK ONWAAR

Van 5G tot giftige toetse – hoekom mense bogstories wil glo

'n Verdagte onderhoud op 'n verdagte Amerikaanse aanlyn televisiekanaal met 'n verdagte osteopaat wat sê Covid-19 is alles 'n bogstorie het dié week soos 'n veldbrand oor die hele wêreld heen versprei. Dit is maar die nuutste in 'n lang lys van bisarre samesweringsteorieë oor Covid-19. ANNELIESE BURGESS en MONIQUE VERDUYN probeer verstaan hoekom mense so maklik daarvoor val.

  • 24 April 2020
  • Nuus & Politiek
  • 11 min om te lees
  • artikel 4 van 29
  • Anneliese Burgess & Monique Verdun

DIE ateljee lyk soos 'n tipiese Amerikaanse laataandprogram – 'n onderhoudvoerder in 'n pak met 'n koppie op die lessenaar voor hom, 'n aandtoneel van New York op die agtergrond en groot televisieskerms.

Welkom by die Next News Network op YouTube.

Die aanbieder, Gary Franchi, vertel ons van die man op die skerm agter hom. Dit is dr. Rashin Buttar, 'n “ongevalledokter” wat baie, baie belangrike inligting het dat die coronavirus een groot klugspul is en dat hierdie “eksklusiewe" nuwe inligting doelbewus deur die “hoofstroommedia" stilgehou word. Die waarheid oor Covid-19 moet tot in elke uithoek van die wêreld versprei word, seg Franchi. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.