POLITIEKE NOTABOEK | Kies die heuwel waarop jy wil sterf, verdomp!

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Kies die heuwel waarop jy wil sterf, verdomp!

MAX DU PREEZ skryf oor veldmaarskalk Bhekokwakhe Hamilton Cele en sy formidabele mag, asook oor die aandrang dat die Reserwebank kortpad moet kies en R200-note by die miljoene moet druk.

KOM ek vertel julle die storie van drie mense, nee, vier mense, wat die afgelope week met die lang arm van die gereg te make gekry het.

Storie Een. Tauhiera John is 'n 28-jarige werklose vrou van Capricorn in die Muizenberg-omgewing. Sy was so geraak deur die honger kinders in haar omgewing dat sy 'n sopkombuis begin het om hulle te voed. Sy word deur 'n geregistreerde plaaslike nieregeringsorganisasie, Where Rainbows Meet, van groente en brood voorsien, en die organisasie het vir haar 'n sertifikaat uitgereik wat bevestig dat sy 'n noodsaaklike diens lewer.

Dinsdagoggend was Tauhiera se sop net mooi gaar en die kinders het met borde begin toustaan, toe vier polisiebakkies by haar stilhou. Sy wou nog protesteer, maar die polisie het haar in 'n vangwa geprop en haar na die Muizenbergse polisiekantoor geneem waar sy in 'n sel opgesluit is. Sy word daarvan aangekla dat sy die ramptoestandregulasies verbreek en 'n polisieman verhinder het om sy werk te verrig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.