Ken jou CRT van jou CR17 (en selfs jou CR7)

OM TE WOKE OF NIE TE WOKE NIE

Ken jou CRT van jou CR17 (en selfs jou CR7)

Is dit moontlik om nugter en helder oor dinge soos kritiese rasteorie en ‘wokeness’ te praat sonder dat iemand jou te lyf sal wil gaan? WILLEM KEMPEN het sy pletterpet opgesit en presies dít probeer doen.

HUMEURE vlam maklik op as jy frases soos “Critical Race Theory”, “wokeness” of “wokeism”, “identiteitspolitiek”, “Black Lives Matter”, “bevoorregting”, “strukturele rassisme” of selfs “kulturele Marxisme” in ’n gesprek sou gebruik. Dié onderwerpe is ineengestrengel en ’n mynveld van akademiaanse terminologie, en mense aan dieselfde kant van die argument gebruik soms heel uiteenlopende definisies van waaroor dit alles gaan.

Selfs as jy bloot die Engelse afkorting “CRT” gebruik om na sogenaamde kritiese rasteorie te verwys, sal sommige mense klaar sê jy is aan die kant van wit mense in die algemeen, en die reaksionêres, rassiste, regses, setlaars of neokolonialiste in die besonder, onder meer omdat Trumpelinge dit graag gebruik.

Dieselfde fyngevoeligheid duik nie op as jy byvoorbeeld na Cyril Ramaphosa se 2017-verkiesingsveldtog as “CR17” of na die Portugese sokkerheld Cristiano Ronaldo as “CR7” verwys nie, so waarom al die bohaai?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.