GENERAAL TOKOEGAWA LEGAJASOE se oorwinning in die slag van Sekigahara (https://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Sekigahara) in die jaar 1600 het Japan verenig en ’n einde gemaak aan lang jare se onderlinge gevegte tussen die eilandgroep se feodale landhere. Op Legajasoe se uitnodiging het ’n klomp van dié landhere toe in Edo (vandag Tokio) gaan woon, waar hulle danksy die nuwe vrede ’n opbloei in hul welvaart beleef het.
Die kleinboere wat die landhere se grond bewerk het, het ’n deel van hul rys-oeste as ’n soort belasting betaal aan hul feodale meesters, wat die rys dan weer op die markte verhandel het.
Omdat dié hele besigheid so stabiel en voorspelbaar winsgewend vir die landhere was, het iemand vorendag gekom met ’n idee wat tot vandag toe nog op finansiële markte voortleef: termynkontrakte, in Engels genoem “futures” of “futures contracts”. Dit kom daarop neer dat ’n handelaar nie hoef te wag totdat die rys deur die boer afgelewer word voordat hy dit kan verkoop nie, hy kan vooraf reeds die “belofte” van ’n sekere hoeveelheid rys op ’n sekere datum in die toekoms teen ’n sekere prys verkoop. Dié “toekomstige” prys van die rys sal dan daal as dit lyk of die betrokke oes groter gaan wees as wat aanvanklik verwag is, en omgekeerd...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Keer só dat ’n hartaanval jou eindfluitjie blaas