Mbeki: die Grondwet is ons oppergesag, en só moet dit bly!

‘EEN VAN DIE GROOTSTE OORWINNINGS VAN DIE VRYHEIDSTRYD’

Mbeki: die Grondwet is ons oppergesag, en só moet dit bly!

Suid-Afrika durf onder geen omstandighede die beginsel versaak dat die Grondwet die oppergesag van die Republiek is nie, skryf THABO MBEKI ter herdenking van die 25ste bestaansjaar van dié historiese dokument.

  • 07 Mei 2021
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 8 van 29
  • Thabo Mbeki

DIE grondwetlike vergadering, wat in 1994 demokraties verkies is, het ons nasionale Grondwet op 8 Mei 1996 aanvaar. Tesame, as 'n bevryde Suid-Afrika, moet ons hande vat om die 25ste herdenking van 'n werklik historiese dokument te vier. 

Tydens daardie beroemde sessie toe die Grondwet formeel aanvaar is, het pres. Nelson Mandela hierdie opmerking gemaak: “The brief seconds when the majority of honourable members quietly assented to the new basic law of the land have captured, in a fleeting moment, the centuries of history that the South African people have endured in search of a better future … And so it has come to pass that SA today undergoes her rebirth, cleansed of a horrible past, matured from a tentative beginning and reaching out to the future with confidence.”

Net meer as 50 jaar voor daardie dag, in 1944, was Mandela deel van die span wat die manifes van die ANC-jeugliga opgestel en aanvaar het, en dit sê onder meer: “… Africans reject the theory that because he is non-white and because he is a conquered race, he must be exterminated. He demands the right to be a free citizen in the South African democracy; the right to an unhampered pursuit of his national destiny and the freedom to make his legitimate contribution to human advancement …”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.