'N NUWE STRYD
Vuur reën uit die hemele – want masjiene het so besluit
Of ons nou gereed is of nie, die dag het reeds aangebreek dat een of ander outomaat – of selfs ’n swerm van hulle – sélf besluit dis tyd om oorlog te maak. Dít behoort ons diep te bekommer, skryf WILLEM KEMPEN.
'N NUWE STRYD
Vuur reën uit die hemele – want masjiene het so besluit
Of ons nou gereed is of nie, die dag het reeds aangebreek dat een of ander outomaat – of selfs ’n swerm van hulle – sélf besluit dis tyd om oorlog te maak. Dít behoort ons diep te bekommer, skryf WILLEM KEMPEN.
Deel
JY sal van naby moet kyk om die verskil te sien tussen die vliegmasjien wat in Maart 2020 in Libië selfstandig besluit het om ’n menslike teiken aan te val, en die soort kwadkoptertjie waarmee iemand soms op die stukkie oop grond aan die einde van jou straat speel.
Die insident in Libië het onlangs in ’n VN-verslag (https://undocs.org/S/2021/229) aan die lig gekom, het onder meer die tydskrif New Scientist (https://www.newscientist.com./article/2278852-drones-may-have-attacked-humans-fully-autonomously-for-the-first-time/)verlede week berig. Dit was waarskynlik die eerste keer dat sulke dreuntuie ’n menslike teiken sonder ’n spesifieke opdrag aangeval het.
Sommige berigte wil dit hê dat dit ’n enkele “rogue drone” was, maar in werklikheid was daar waarskynlik ’n hele aantal, en het hulle bloot presies gedoen wat hulle geprogrammeer was om te doen, sê die Veiligheidsraad van die VN se paneel van kenners oor Libië in die verslag. “Die dodelike outonome wapenstelsels [van die betrokke en soortgelyke tuigies] was geprogrammeer om teikens aan te val sonder dat ’n dataverbinding tussen die operateur en die munisie nodig was.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelWillem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.