Boekbedonnerd nr. 20 | Gedoemde lewens, ’n donker riller en...

VASGENAEL

Boekbedonnerd nr. 20 | Gedoemde lewens, ’n donker riller en meer as net rugby

In hierdie uitgawe kyk ons na ellende in fiksie, veral in die tyd van die plaag, asook 'n boek oor tweede kanse – want soms wil mens lag ook – en die meesleurende memoires van Schalk Burger sr. Saamgestel deur ANNELIESE BURGESS.

Sal ons ooit moeg raak om oor ellende te lees, veral in dié onseker dae van die plaag, waar ons dikwels by kerslig moet lees, vra Deborah Steinmair. Sy vertel van ’n hele paar gedoemde lewens wat sy onlangs in fiksie meegemaak het.

Die beste hiervan was seker verlede jaar se Booker-pryswenner, Shuggie Bain deur Douglas Stuart. Dit gaan oor bitter moeilike kinderjare in behuisingsprojekte in Glasgow, Skotland.

Die sensitiewe seun Shuggie se pa is ’n taxibestuurder en rokjagter, sy ma ’n vervloë skoonheid wat na die bottel (of blikke bier) gryp vir ontvlugting. Hul pa verlaat hulle vir groener weivelde, hul ma, Agnes, se gedrink dryf die ouer kinders voortydig uit die huis en sy ma word Shuggie se kruis om te dra. Ek het die boek met die eerste lees neergesit omdat daar op bladsy twee iets gebeur wat my lewenslange fobie verteenwoordig: Die ongelukkige seun het ’n stalletjie op die mark en meng soms van sy liggaamsvloeistowwe in die taramasalata. Later het ek besluit so vol fiemies kan ’n mens ook nie wees nie, en dit weer opgeneem. Dis ’n uitsonderlike verslag van ’n randeier se individuasie, met lieflike prosa...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.