‘Een mens laat ’n spoor, ’n ander trek daarop langs’

SPORE OOR DIE BRUG

‘Een mens laat ’n spoor, ’n ander trek daarop langs’

Wat lê agter die treinhotel, op die brug oor die Sabie, daar langs Skukuza? ANTHONI VAN NIEUWKERK skryf oor die geskiedenis van die Selati-treinspoor, hoe die Nasionale Krugerwildtuin tot stand gekom het, en hoe die Shalati-boetiekhotel gebou is op die nalatenskap van die distrik se koloniale verlede.

MILJOENE jare gelede loop Homo erectus rond in die omgewing van Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika. Met die verloop van die Ystertydperk en die Steentydperk trek die San en Nguni, en daarna die Tsonga die distrik binne. Hulle boer met vee en is selfversorgend. Oor tyd ontstaan die koningkryk en stad Mapungubwe. Die elite en hulle honde bly op ’n heuwel, versier hulself met goud en koper en dryf handel met die Arabiere en Chinese, terwyl die werkersklas vee en landerye versorg. Vroeë klimaatsverandering lei tot die verval van die eens magtige staat en in sy plek verreis die stad-staat Zimbabwe. Met verloop van tyd, en met die impak van nuwe weerspatrone en slawehandel, vind verdere magsverskuiwings plaas en die Zoeloe-nasie, onder leiding van die briljante, wrede Shaka, herskep Suider-Afrika se sosio-ekonomiese en politieke terrein.

Die vroeë agente van globalisering, menere Polo, Dias en Da Gama, verken intussen die Afrika-kus op soek na rykdomme in die Verre Ooste.  Die res van die Europeërs laat nie op hulle wag nie en in Amsterdam stig die Here XVII die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, ’n mega-korporasie wat verdere winste najaag. Die proses van internasionale kapitalisme in die vorm van kolonialisme is in volle gang. Die man wat eintlik voor die Zondo-kommissie moet verskyn, Jan van Riebeeck, maak hom en sy span uitbuiters gemaklik in die Kaap.

Verdere koloniale oorname van die Afrika-binneland loop vinnig, en kort voor lank word die oorspronklike inwoners verwilder, verplaas, in slawerny gedompel, uitgebuit en vermoor. Afrika se diereryk word ook nie ontsê nie. In 1838 reis Louis en Martha Trichardt deur die huidige Pretoriuskop op pad na Delagoabaai (nou Maputo), ’n epiese en tragiese tog wat aangrypend deur Jeanette Ferreira vertel word. Sy sê: “Een mens laat ’n spoor, ’n ander trek daarop langs.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.