Die koste van korrupsie loop baie dieper as rand en sent

’N WYE KRING VAN ENORME SKADE

Die koste van korrupsie loop baie dieper as rand en sent

Ons sou dalk beter daaraan toe gewees het as ons net ’n R50 biljoen-tjek vir die Guptas uitgeskryf het, reken ANN BERNSTEIN.

  • 02 Junie 2021
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 2 van 8
  • Ann Bernstein

’n GOUE reël vir korrupsie kan soos volg uitgedruk word: “Moenie toelaat dat korrupsie meer kos as die hoeveelheid geld wat in werklikheid gesteel word nie.”

Paul Holden het onlangs voor die Zondo-kommissie getuig dat Gupta-verwante entiteite byna R50 biljoen in betaling ingehark het vir goedere en dienste wat aan die staat gelewer is. Ek het nie sy getuienis aangehoor nie, maar volgens sommige is die hele bedrag gesteel en geen waarde is vir Suid-Afrika gegenereer nie.

Dit is natuurlik nie waar nie: Hoewel van die “transaksies” eenvoudig op selfverryking neerkom, is dinge meer ingewikkeld met die grootstes. Daar was byvoorbeeld hope korrupsie betrokke by Transnet se aankope van lokomotiewe – verreweg die grootste van die transaksies behels sowat die helfte van die R50 biljoen. Maar dit is nie die geval dat die hele kontrak geen waarde geskep het nie: Daar is betaal vir lokomotiewe en dit word gelewer, hoewel beduidende fasiliteringsfooie aan Gupta-verwante mediums betaal is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.