Gee jou arm in Hillbrow

JOU SENTE, JOU DROME, JOU KLERE VOL GATE ...

Gee jou arm in Hillbrow

Die dag waarop sy en 'n vriendin vir ‘inloop-inentings' gegaan het in Johannesburg was 'n goeie dag, vertel ANNICA MARINCOWITZ. Een wat verdien om onthou te word as een van daardie Suid-Afrikaanse suksesverhaal-oomblikke wat mens kan herinner dat korrupsie, stukkende paaie, vervalle infrastruktuur en diensleweringsfiasko’s nie ál is wat ons goed kan doen nie.

SOOS almal was ek maar skepties oor die inentingsveldtog. Ja, ek kwalifiseer. Ja, die regering maak beloftes oor die aflewering van entstowwe, maar ek neem dit nie ernstig op nie. Die hele projek is vrot van voeteslepery en gekarring en geknoei, en ek bestuur my verwagtinge so goed ek registreer nie eens op 16 April nie. Vir wat? Gelukkig por my broer my aan en ek doen dit twee dae later, want mens moet seker maar die boksies aftik.

Maar die inentings begin toe tog wel op 17 Mei soos belowe. Ek wag vir my SMS. My ma (92) se vier kinders wag met baie meer ongedurigheid op haar SMS. Dié kom nie. Myne ook nie. 'n Vriendin kry hare en word ingeënt by Discovery se hoofkantoor in Sandton en my FOMO skop in. Op sosiale media begin mense inligting deel oor hul inentings en waar en hoe om dit by staatshospitale in Johannesburg te kry. Ek begin rondvra op ons buurt se WhatsApp-groepie en mense deel intel oor hoe en waar hulle geholpe geraak het, sommige nadat hulle SMSe ontvang het, sommige daarsonder, sommige by privaat instellings en ander by staatshospitale.

Ek wroeg oor die moraliteit van 'n “inloop-inenting”, om 'n “ry-indrukker” te wees. Maar ek is 60, en ek het geregistreer. Ek en my vriendin Grietjie besluit om die bul by die horings te pak en bloot op te daag in die hoop dat dit ons gelukkige dag sal wees. Word ons weggewys – dan probeer ons weer, of wag vir die ontwykende SMS. Ons oorweeg die lys van plekke in Johannesburg waar die riemtelegram sê ons kan gaan probeer – Charlotte Maxeke-hospitaal, Hillbrow-gemeenskapsorgsentrum, Baragwanath-hospitaal. Ons kies Hillbrow, want dis naby en dis 'n klein sentrum – en Johannes Kerkorrel het my mos lankal oortuig om my hart vir Hillbrow te gee...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.