Oor minagting en geregtigheid

WATERSKEIDINGSOOMBLIK

Oor minagting en geregtigheid

Die bedorwe willekeur van die magtiges is uiteindelik in ’n waterskeidingsoomblik in die Konstitusionele Hof gestuit, skryf DAN BADENHORST. Dit kan nou as presedent dien om die laaste skuilings van uitstel en afstel af te breek wat agter die rompslomp van die regspraak versteek was.

  • 09 Julie 2021
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 7 van 30
  • Dan Badenhorst

EK weet Jacob Zuma het hierdie land besteel, ons almal gekoggel en ons Grondwet en sy waardes geminag. Maar hoe reageer jy op ’n ou man in sy 80ste jaar se streke, gekkerny en dwaashede, hoe listig ook al? Met Europese hardvogtigheid of met Afrika-ubuntu? Ons sug van verligting dat oudpres. Zuma uiteindelik sy welverdiende oranje oorpak dra, moet opgeweeg word daarteen dat jy moontlik geen ander 80-jarige persoon in ons tronke sal vind nie.

Wat sou die Afrika-manier wees om op te tree teen ’n ou leier wie se hubris die oppergesag van sy land bedreig? En moenie die fout maak om ons Grondwet as Eurosentries te sien nie. Want dan het jy vergeet dat dit dié dokument is wat op die mees inklusiewe wyse in ons geskiedenis saamgestel is, en dat elkeen in ons land uitgenooi was om ’n bydrae daartoe te lewer. Dit is grootliks deur die idealiste in die bevrydingstyd opgestel in ’n proses wat die voorheen bevoordeeldes met agterdog vervul het, omdat fundamentele regte wat hulle vir 300 jaar geminag het, daarin vooropgestel is.

Geboortesertifikaat van ’n vrye Suid-Afrika..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.