GEBREEKTE RUITE
KLIP IN DIE BOS | Dinge val uitmekaar, maar politieke partye klou aan ideologie
Mmusi Maimane se poging om die knelpunte van die verkiesingstelsel deur onafhanklik verkose lede van sy gemeenskapsgroep op te los verdien baie meer aandag, skryf DAN BADENHORST.
GEBREEKTE RUITE
KLIP IN DIE BOS | Dinge val uitmekaar, maar politieke partye klou aan ideologie
Mmusi Maimane se poging om die knelpunte van die verkiesingstelsel deur onafhanklik verkose lede van sy gemeenskapsgroep op te los verdien baie meer aandag, skryf DAN BADENHORST.
Deel
KORRUPSIE, geweld, onbevoegdheid en onverantwoordbaarheid is onder meer verantwoordelik vir die lae dunk wat Suid-Afrikaners van hulle openbare instellings het, soos die Afrobarometer (https://afrobarometer.org/countries/south-africa-0) ook aantoon. Dit is veral ons politieke leiers aan regering- en opposisiekant wat nie meer enige vertroue inboesem nie. Dít veroorsaak grootskaalse depressie en demp entoesiasme, asook pogings van vernuwing.
Die konsep “entropie" is iets waarvan veral ons groter politieke partye kennis moet neem. Entropie beskryf die toestand wanneer dinge uitmekaar begin val – by wyse van spreke die gebreekte-ruit-sindroom wat die voorspel is van 'n gebou wat inmekaar gaan tuimel as dit nie meer in stand gehou word nie. Dit is oorspronklik 'n termodinamiese term oor die gedrag van hitte, maar in die algemeen beskryf dit die neiging van energie om in enige geslote sisteem mettertyd af te neem en 'n mindere uitwerking te hê.
Ons politieke partye ag hulle eie belange in so 'n mate belangriker as hul kiesers s’n dat dit teenstrydig daarmee geword het. Hul ideologiese doelstellings eerder as praktiese oorwegings onttrek energie van ons verkiesingstelsel en gee aanleiding tot 'n totalitêre demokrasie wat pogings vir verandering in die kiem smoor...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelDan Badenhorst
RegskennerDan Badenhorst het 10 jaar gelede afgetree as prokureur en het in immateriële goederereg gespesialiseer. Hy woon nou in Stilbaai.