Oor #VaxenRelax, Volume en ’n Live launch by Die Fort

DIE HEUWELS FANTASTIES

Oor #VaxenRelax, Volume en ’n Live launch by Die Fort

Daar het onlangs ’n vaxxing-relletjie losgebars op Die Heuwels Fantasties se Facebook-blad, iets wat hulle met humor en takt hanteer het terwyl hulle voorbrand maak vir hul nuwe album, Volume. MADELEINE BARNARD het met Pierre Greeff van Heuwels gaan gesels.

OP hulle Facebook-blad is Die Heuwels Fantasties heeltyd aan die woel. In hierdie voortslepende goor tyd vir muso's beur hulle fluks voort. In Junie tease hulle hul fans oor die maak van ’n remix-video van een van hulle gewildste tracks, “Shangri-La”, saam met die DRK-gebore sanger Tresor. Dis lekker; die visuals is lekker. Dis trouens een van my gunstelingsnitte van Heuwels. Almal sien uit, soos hulle uitsien na die groot live vertonings wat weer kom, daai tipe vertonings waar mens kan crowd surf en sweterig skouer aan skouer kan staan met jou mede-musiekmaniakke.

Dan, êrens rondom die middel van nog ’n vreemde vreemde jaar vir performers, gooi hulle aas in die water vir hul nuwe album, Volume. Nog ’n video, “Goeiemôre Suid-Afrika”, tref die internet. Dis ook ’n collab, dié keer saam met die musikale duo Gazelle. Dis een van die snitte op Volume, wat 22 Oktober drop en wat op die laaste dag van die mooiste, mooiste maand met groot hoeha by Die Fort, net langs die Voortrekkermonument in Pretoria, bekendgestel word. Daar is ander groot name by die opskop. Coenie de Villiers. Refentse. Early B.

Kreatiewe kruisbestuiwing..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.