’n Ouer, wyser terugblik op die romkoms van my jeug

FLIEKTYD

’n Ouer, wyser terugblik op die romkoms van my jeug

Toe sy tydens grendeltyd nie kon reis of uitgaan nie, het MADELEINE BARNARD weer die romantiese komedies uit haar enkellopende jare begin kyk. Sy het haar ou gunstelinge onder die vergrootglas geplaas om te kyk of dié romanses sewe sakke sout sou kon oorleef het.

MY liefde vir die romantiese komedie het begin met my eie burleske liefdesgeskiedenis. Ek het teen die vroeë 1990’s nog nie juis enige medaljes losgeslaan vir suksesvolle verhoudings nie.

My groot skoolobsessie het my destyds na sy matriekafskeid genooi. ’n Week of drie voor die groot aand laat weet hy my hy gaan na iemand anders begin soek vir die geleentheid, maar as hy niemand kry nie, mag ek nog saamkom.

My eerste liefde op universiteit, ’n kranige sportman, het my en my kieriekuite gelos vir ’n girl met ’n lyf soos ’n Olimpiese naelloper. My kortstondige verloofde, wat net ná die groot vraag van pure skrik begin backpedal het, het die aanbod ná ’n jaar of wat beleef teruggetrek. Hy was trouens só verskrik deur ons verlowing dat hy op ’n gewraakte verlowingspartytjie die koek wat sy welmenende moeder vir ons laat bak het (fleurig versier in pienk en wit en met ons voorletters op), met ’n treksaag gesny het. Ek sou later jare een van die geskenke wat ek daardie dag ontvang het (maatkoppies) gebruik om drolletjies uit my kat se sandbak te vis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.