’n Melancholiese staptog deur die Kaap se stadskom

WAT HET DIE VIRUS NOG NIE VERNIETIG NIE?

’n Melancholiese staptog deur die Kaap se stadskom

Vir meer as 20 jaar het MADELEINE BARNARD in Kaapstad gewoon. Weens Covid-19 het sy meer as 20 maande laas daar gaan kuier. Sy het in haar kop op haar ou stadskomroete gaan stap en gewonder of die mense van destyds en hul besighede die virus oorleef het.

AGT-EN-VEERTIG jaar gelede, een oggend, in die Technicolor van my agtste lewensjaar, het ek my hart vir die Kaap gegee. Ek onthou ’n treinrit op die Trans-Karoo. Toe, ’n busrit op die boonste vlak van een van daardie rooi dubbeldekbusse wat destyds op en af gebeur het in Adderleystraat.

Ek onthou ’n kunsuitstalling by Uniewinkels – was dit Uniewinkels of Garlicks? – deur ’n man met ’n mondvol-van: Tretchikoff.

Deel van die uitstalling was ’n skildery van ’n vrou in ’n bad met ’n stortkep op. Ek het nog destyds gedink dis die lelikste prentjie wat ek in my kort lewe gesien het. Wie wou nou ’n tannie in die bad verf? Jare later sou ek by The Book Lounge luister na ’n boekgesprek na ’n oorsigtentoonstelling van Tretchi se werk, waar die gerekende kunskritikus Lloyd Pollack met ’n effense rilling sou praat van die “filleted fingers” van die hande wat “die mense se skilder” geverf het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.