Gordhan se ongelooflike manipulasie van die tesourie in die SAL-sage

MANEUVREERDERY

Gordhan se ongelooflike manipulasie van die tesourie in die SAL-sage

Die doelgerigte minister het óf 'n siniese manipulering van die tesourie óf die werk van 'n meesterlike politieke operateur uitgevoer, skryf CAROL PATON.

NET soos talle ander sal ek baie vrolik wees wanneer die SAL so ver as moontlik van die Suid-Afrikaanse fiskus wegvlieg.

Die finansiële las was groot: Van 2003 tot 2019 het die finansiële reddingspogings R31.2 biljoen gekos en skuld, wat die regering nog moet afbetaal, het tot R16.4 biljoen opgehoop. Daarby kom ook nog die koste van die sakeredding (R16 biljoen tot dusver, en nog R3.5 biljoen is aangevra) en dit bring ons by R67.1 biljoen oor die afgelope 20 jaar. Ons kon daarmee verskeie lugrederye gekoop het.  

Dis nie net die kwantum wat die asem wegslaan nie, maar ook die manier waarop dit bekom is. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het iets reggekry wat óf as 'n siniese manipulering van die tesourie óf die werk van 'n meesterlike politieke operateur beskryf kan word, en 'n mens kan jou maar net verwonder aan hoe doelgerig hy gewerk het om te kry wat hy wou hê. Die tesourie is by elke besluitnemingspunt in die proses op die kantlyn geplaas, en omstandighede is geskep sodat geld so skielik en dringend nodig was dat die besluit fait accompli was.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.