Van Bobby en Karlien tot Boity en Minki: babes, bulletjies, ...

INSTA SE MOOI SMOUSE

Van Bobby en Karlien tot Boity en Minki: babes, bulletjies, babas en bling

Ná ’n baie lang mediaslaap het MADELEINE BARNARD haar aangesluit by Instagram om die wonderwêreld van beïnvloeder-bemarking onder ’n vergrootglas te sit, en die amper onwerklik mooi mense te beloer.

EK vermoed ek is Rip van Winkel se suster. In mediaterme. Ek kyk vir ’n paar jaar nie meer televisieprogramme nie, want ons skottelkoord het gebreek. En vir jare het ek mediagewys net op Facebook rondgekuier. Ek weet regtig glad nie wat aangaan in daardie aanlyn wêreld wat bewoon word deur vreeslike mooi, toned en suksesvolle mense nie. ’n Wêreld genaamd Instagram.

Toe ek laas nog teevee gekyk het, was mense soos die voormalige model Minki van der Westhuizen en Jo-Ann en Rolene, albei voormalige skoonheidskoninginne en albei Strauss, nog enkellopend of sonder telgies, en Bobby van Jaarsveld het nog “Lieflingggg!” gebulder in ’n fliek.

Toe vertel iemand my van ’n fenomeen genaamd Instagram influencers en vra my om dit na te vors. Ek wis van g’n sout of water nie. Maar daar dwing dit my om aan te sluit by Instagram. Of Insta, soos ’n see van aanhangers dit liefderik noem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.