Is vrouetydskrifte se dae getel?

VERANDERENDE MARK

Is vrouetydskrifte se dae getel?

In die laaste paar jaar het ’n veranderende medialandskap begin kou aan die sirkulasiesyfers van vrouetydskrifte, en die koms van Covid het dit in ’n bloedbad laat ontaard. MADELEINE BARNARD het gaan uitvind of daar enigsins ’n toekoms is vir vrouetydskrifte in hul huidige vorm.

DONKIEJARE gelede had ek ’n Vrydagmiddagritueel. Ek het by die winkel gaan draai en vir my tjoklits en ’n glimmende vrouetydskrif gekoop. Dan het ek my op die bed neergevly, myself in ’n suikerhorrie ingesnack en die blink mode- en leefstylbybel van omslag tot omslag deurgewerk. So tussen ’n paar koppies tee deur.

Maar dinge het verander. Ek het ouer en dikker en gryser geword. Ek het moeg geraak vir al die amper onmoontlik-mooie jong vroue wat in ongemaklike klere en ondrabare skoene lanterfanter op die modeblaaie. Ek is suur vir nog ’n dieet (wat nie werk nie), nog tien-tips-vir-flankeer, orgasmes in die besemkas, nog ’n artikel oor ’n seleb en haar atletiese man en ry goedgemanierde orrelpypies wat almal presteer op skool.

Wie kan of wil haarself hierteen meet?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.