Goeie raad – en heelwat Bach – vir grendelgemoedere

MUSIEKTERAPIE

Goeie raad – en heelwat Bach – vir grendelgemoedere

Ná die grappies en broodbakkery begin almal in isolasie nou swaar trek. MADELEINE BARNARD het gesels met twee mense, een vasgekeer in Istanbul en een gegrendel in Kaapstad. Sy het gaan kers opsteek by 'n terapeut vir raad. En die wonder van Bach se eerste tjello-suite ontdek.

ELKE hoofstuk van 'n mens se lewe het 'n klankbaan.

My universiteitsloopbaan speel in fast forward voor my af op die maat van Bryan Adams se “Summer of ’69”. Liefdesteleurstellings roep Gloria Gaynor se “I Will Survive” op. Ná 'n groot operasie in 'n baie moeilike tyd in my lewe was dit Bach se amper oorbekende Prelude no. 1 in C majeur – daardie hoeksteen waarop Charles Gounod se “Ave Maria” gebou is – wat my gesus het. Nou nog, as ek dit hoor, lê ek in my bed in Tamboerskloof met my hand oor die operasiewond.

Nou in grendeltyd is dit steeds Johann Sebastian wat my troos. Gegewe die intense weemoed wat die wêreld beetgepak het, is die tjello my gekose klank. Geen instrument sing met meer eensaamheid en hunkering as die tjello nie. Die musiek is weer baie bekend: Dis Bach se Eerste Tjellosuite in G majeur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.