SOWAT ’n maand voor Elsa Joubert verlede week in ’n Kaapstadse hospitaal opgeneem is, pleit sy nog by die regering om sy verbod op kontak tussen bejaardes en hul geliefdes aan te pas. Sy en haar tydgenote kry swaar. “Ek kwyn daaronder,” skryf sy. Gesigte op WhatsApp en selfoonstemme maak die afdraand van die dag nog killer.
Dis ’n triestige paar sinnetjies – maar net totdat jy dit lees. Soos Poppie Nongena in die tagtigerjare ’n aanklag uit haar tikmasjien was, is dié handgeskrewe briefie, wat eindig met ’n asseblief, ’n beskuldiging. Onreg en die 97-jarige skrywer kom ’n baie lang pad.
Die anders- en eendersheid van haar “ewemense” oor die aardbol het Elsa van kleintyd geboei. Dis hoekom sy van dag een gereis het, destyds na plekke waaroor ander meisies van haar ouderdom nagmerries kon kry...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.