EK koop kort voor grendeltyd ’n CD van Jan Blohm in ons liefdadigheidswinkel. Ek het hom een of twee keer hoor sing op die radio en ek hou van sy stem. Gruis en soetsuur. Hy word allerweë beskou as een van die ligkolle in die algemeen ontstellende duisternis van Afrikaanse musiek. Ek weet hy het al ’n rak vol pryse gewen. En ’n liewe pel se ma, wat nou al in haar 90's is, het goeie dinge oor hom te sê.
Ek klap dit in my 30-jarige CD-speler. Dis lekker blou en rou met bluesrock-kitaar en daar’s baie gruis. Soos dit hoort. Ek verbeel my hoe hy sit en sing in ’n blou rookwaas op ’n klein, aanmekaargetimmerde verhogie.
Later verneem ek Jan het pas ’n nuwe CD uitgereik. Dis ’n konsep-album met 14 snitte en met ’n vrouenaam, Jenny. En dit loop ’n groot droom vooruit – dis die klankbaan vir ’n movie wat reeds in sy kop afspeel en wat hy eendag wil maak...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.