DIT het begin met die raakblaai op Facebook van ’n foto van vier geliefde gesigte uit my jeug. Ouer. Heelwat ouer. Veertig jaar ouer, om presies te wees. En die nuus dat hulle ná vier dekades ’n nuwe album uitbring. ABBA se Voyage sal vanaf 5 November op digitale platforms beskikbaar wees. ’n Virtuele toer (https://www.independent.co.uk/arts-entertainment/music/news/abba-voyage-tour-2022-tickets-presale-b1914865.html) van digitale konserte sal in Mei 2022 afskop en tot 2026 ’n draai in stede oor die wêreld heen maak.
Vir dié reuse-gebeurtenis is avatars van die sangers deur George Lucas se legendariese visuele-effekte-maatskappy Industrial Light and Magic geskep. Mense praat reeds van “Abbatars”. Die vier orkeslede het vyf weke deurgebring in die ateljees van ILM om lewensgetroue jonger weergawes van hulself te help skep met soortgelyke tegnieke as wat in rolprente soos Star Wars gebruik is.
Die nuus het my met ’n bordvol bykans onredelike blydskap gevul, met ’n bykossie van verskriklike nostalgie. Die musiek van ABBA – ’n akroniem vir die groeplede Agnetha (Fältskog), Björn (Ulvaeus), Benny (Andersson) en Anni-Frid (Lyngstad) – het die klankbaan van my jeug verskaf...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Stemnotas versus teksboodskappe