Stemnotas versus teksboodskappe – wie wen?

DIE GROOT DEBAT

Stemnotas versus teksboodskappe – wie wen?

As geharde ‘tekster’ met verbete duime het MADELEINE BARNARD probeer uitvind wat mense tans verkies vir hul boodskappe – tik of klets.

ONS is nou beslis in twee kampe verdeel: Dié van ons wat met groot toewyding WhatsApp-boodskappe tik en dié wat eenvoudig hul mikrofoon aktiveer en begin gesels.

Daar heers geen neutraliteit hieroor nie: Die praters beskou ons tikkers as holier than thou en ons, wel, ons dink natuurlik die praters is eenvoudig lui. In my kamp is daar selfs mense wat onder hul profielfoto aankondig: Geen stemnotas asb. En ek voel hul pyn, want hoe kan jy weet of jou bestie in ’n krisis is, want jy sit in ’n vergadering en kan nie na haar stemnota luister nie?

Vanwaar ek vir amper 18 maande al in versigtige isolasie woon, kan ek eerlikwaar sê as dit nie vir WhatsApp was nie, was ek nie net werkloos nie, maar heel moontlik ook heeltemal bonkers. Of altans, meer bonkers as wat ek reeds is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X