Kuier saam in Makhanda

MET NUWE OË

Kuier saam in Makhanda

Die Pestilensie het van hom 'n ander toeris gemaak, sê ANDRIES BEZUIDENHOUT. Dis meer plaaslik, dit gaan meer oor stap en nadink as wat dit oor spoed en plesier gaan. Makhanda, eens die nie-amptelike hoofstad van Engelse Suid-Afrika, is 'n interessante plek. Argitektonies, maar ook oor wat dit vertel van die aannames wat wit Engelssprekende Suid-Afrikaners oor hulself en ander maak.

ONS is vir eers op ’n stadiger tipe toerisme aangewese. Ek bestee meer tyd op een plek – in ’n dorp of ’n stad wat ek beter wil leer ken – eerder as om lang road trips te onderneem en orals stil te hou. Om kontak met mense te verminder bly ek tipies in selfsorgverblyf oor. Ek sit nie in restaurante rond nie, stap meer, dink meer na oor dinge soos argitektuur en verganklikheid.

Dis ’n onlangse naweekbesoek aan Makhanda wat my hieroor laat nadink het. Hoekom sou ’n mens nou ’n plek soos Makhanda besoek? Is hulle nie in die nuus oor droogte, slaggate en ’n burgemeester wat tronk toe gestuur is vir ’n gebrek aan dienslewering en minagting van die hof nie? Daar is immers ’n kroeg genaamd “The Pothole and Donkey”.

Dis als waar. As jy egter in argitektuur en geskiedenis belangstel, is Makhanda (voorheen Grahamstad) ’n fassinerende plek, dalk júis omdat dit so swaar aan die verlede dra. In elk geval, daar is reeds ernstige vordering gemaak met die teer van paaie. Dit lyk of dinge optel. Dalk het al die hofsake en stakings teen die plaaslike regering tóg ’n positiewe uitwerking...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.